Debt counselling Limpopo

  • Skuldberading Limpopo

Help with debt logo

  • Die nuwe Nasionale Kredietwet (No.34 van 2005) het op 1 Junie 2007 in werking getree. Die Wet stel nuwe vereistes aan kredietverskaffers, wat beslis ‘n uitwerking op kredietverlening deur NWK gaan hê. In hierdie artikel word gepoog om te verduidelik hoe hierdie wetgewing die NWK-klant raak. Die Nasionale Kredietwet vervang die Wet op Kredietooreenkomste en die Woekerwet.Die hoofdoelstellings van die Wet is die volgende:
  • Verhoed roekelose kredietverlening;
  • voorkom oormatige skuldlas by landsburgers;
  • verseker volle openbaarmaking van inligting aan kredietopnemers;
  • bied beskerming aan kredietopnemers teen onregverdige optrede of wanpraktyke deur kredietgewers en kredietburo’s;
  • verskaf riglyne met die daarstelling van alternatiewe vir dispuutoplossings; en
  • stel prosedures daar om skuldhersiening en skuldherstrukturering te fasiliteer.Watter transaksies val onder die Wet?Bykans alle armlengte-krediettransaksies val onder die Wet, insluitend huurkope. Sommige van die belangriker uitsonderings is die volgende:
  • Insidentele krediet (‘n voorbeeld hiervan is ‘n maandrekening waar die rekening dertig dae na staat betaal word sonder dat rente gehef word).
  • Skuld wat ontstaan as gevolg van ‘n tjek wat vir betaling aangebied en deur die bank gedishonoreer word.Wie val onder die Wet?Alle entiteite wat krediet opneem val onder die Wet, met die uitsluiting van:
  • beslote korporasies;
  • trusts met drie of meer trustees;
  • maatskappye;
  • vennootskappe; en
  • verenigings.’n Voorwaarde is egter dat die voormelde entiteite (in die Wet word verwys na regspersone) ‘n batewaarde of omset van R1 000 000 of meer het. Privaatpersone val dus almal onder die werking van die Wet. Indien die regspersone ‘n batewaarde of omset van minder as R1 000 000 het, maar ‘n kredietooreenkoms aangaan van R250 000 of meer, val die transaksie ook buite die Wet. Indien ‘n persoon borg teken vir ‘n kredietopnemer wat onder die Wet val, word die borg hanteer asof hy die hoofskuldenaar is en val hy ook onder die Wet. Die borg se finansi&eumlle posisie moet dus ook in terme van die Wet ge&eumlvalueer word.Kredietooreenkomste Die ooreenkoms tussen die partye is onderworpe aan streng voorskrifte. Die belangrikste hiervan is die volgende:
  • Die ooreenkoms moet in verstaanbare taal geskryf wees.
  • Misleidende voorwaardes word verbied.
  • Voorwaardes waar gemeenregtelike regte van die kredietopnemer weggeneem of beperk word, is ongeldig.
  • Regte wat weggeneem word van die kredietopnemer wat deur die Wet daargestel word, is ongeldig.
  • Rentekoerse, fooie en kredietversekering moet duidelik aangetoon word.
  • Differensiasie tussen rente op lopende en agterstallige bedrae in dieselfde ooreenkoms word verbied. ‘n Nuwe ooreenkoms moet in elke geval gesluit word. ‘n Voorbeeld hiervan is agterstallige paaiemente by huurkope.Wysiging van kredietooreenkomste Verlaging van kredietlimiete kan deur beide partye gedoen word. Tydelike verhogings kan op aanvraag deur die kredietopnemer gedoen word, op voorwaarde dat die kredietlimiet weer binne ‘n ooreengekome tyd herstel word na waar dit was. Alle ander verhogings van kredietlimiete mag slegs gedoen word nadat ‘n nuwe evaluering van die kredietopnemer se finansi&eumlle posisie gedoen is. Wysigings kan slegs deur die klant self aangevra word.Kwotasie

    Die kredietgewer moet ‘n voorooreenkomsstaat of kwotasie aan die kredietopnemer verskaf waarin rentekoerse, koste, fooie en kredietversekering uiteengesit word. Die kredietgewer is vir vyf dae daaraan verbind waarbinne die kredietopnemer die kwotasie kan aanvaar. Die kredietopnemer kan egter ook die kwotasie onmiddellik aanvaar indien hy/sy dit so verkies.

    Groter deursigtigheid dra dus by tot ‘n meer ingeligte besluit deur die kredietopnemer.

    Regte van kredietopnemers

    Verskeie regte word aan kredietopnemers gegee, waarvan die volgende enkele voorbeelde is:

  • Die reg om aansoek te doen vir krediet, welke aansoek ooreenkomstig die kredietgewer se normale beleid oorweeg moet word.
  • Gebruik van die taal van jou keuse.
  • Die reg om te weet hoekom ‘n aansoek afgekeur is.
  • Die reg om onder sekere omstandighede aansoek te doen vir skuldhersiening en herstrukturering van die skuldlas.
  • Die reg tot ‘n afkoelperiode van vyf dae by huurkope indien die transaksie nie by die kredietgewer se geregistreerde besigheidsplek plaasgevind het nie.
  • Die reg om huurkoopitems vrywillig terug te gee.
  • Die reg tot verkryging van volledige inligting aangaande die krediettransaksie, relevante dokumentasie en state.
  • Die reg om inligting van kredietburo’ s se swartlys te laat verwyder sodra die skuld betaal is.
  • Beskerming teen onre&eumllmatige bemarking.
  • Die reg tot vertroulikheid insake inligting.Oormatige skuldlas ‘n Kredietopnemer het ‘n oormatige skuldlas indien hy nie sy skuld kan betaal in terme van sy kredietooreenkomste nie. Prosedures kan in so ‘n geval deur die kredietopnemer gevolg word vir skuldhersiening en strukturering.Roekelose krediet

    ‘n Kredietverskaffer is skuldig aan roekelose kredietverskaffing indien hy onder die volgende omstandighede krediet sou toestaan:

  • ‘n Behoorlike ondersoek aangaande die kredietopnemer se finansi&eumlle posisie is nie gedoen nie.
  • Die kredietopnemer het nie die algemene risiko’s, koste of verpligtinge van die ooreenkoms verstaan nie.
  • Die aangaan van die ooreenkoms laat die kredietopnemer met ‘n oormatige skuldlas.’n Groter verpligting word op kredietgewers geplaas rakende die insameling en verifi&eumlring van inligting en die evaluasie daarvan. Groter beskerming word sodoende aan skuldopnemers gebied.Afdwing van ooreenkomste Die Wet maak voorsiening vir ander metodes van dispuutoplossing behalwe die normale skuldinvordering. Voorsiening word gemaak vir liggame en partye soos :
  • die Nasionale Verbruikerstribunaal;
  • skuldberaders;
  • ‘n ombudsman;
  • verbruikershowe; en
  • alternatiewe dispuutoplossings-agente.Die gevolg van die nuwe Kredietwet is dat die normale prosedures van skuldinvordering drasties verander. Dit verg derhalwe meer omvangryke administrasie en ook meer van die aansoeker se tyd. Met die tandekrypyne van die eerste aansoekseisoen na die bekragtiging van die Wet grootliks agter die rug, beywer NWK hom om sy relevante prosesse voortdurend te monitor en waar nodig te verfyn. Indien veranderings aan die Wet in die toekoms sou plaasvind, sal NWK se kredietklante beslis daaroor ingelig word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s